5 Hulle het geloop toe dit donker word en toe die wagte die poort gesluit het. Ek weet nie waarnatoe hulle gegaan het nie. Julle moet hulle dadelik volg en jaag, julle sal hulle kry.”
6 Maar Ragab het die mans opgeneem op die dak en sy het hulle weggesteek onder droë vlas wat sy daar oopgegooi het.
7 Die manne van Jerigo het gehardloop op die pad na die Jordaan-rivier tot by die driwwe, en toe hulle uit die stad gegaan het, het die wagte die poort gesluit. Die manne het gedink die spioene is voor hulle op die pad.
8 Ragab het opgegaan na die spioene op die dak voordat hulle aan die slaap geraak het.
9 Sy het vir hulle gesê: “Ek weet die Here sal die land vir julle gee. Ons is baie bang vir julle, en al die mense van die land is baie bang vir julle.
10 Want ons het gehoor dat die Here vir julle gehelp het en die Riet-see droog laat word het toe julle uit die land Egipte gekom het. Ons weet ook wat julle gedoen het met Sihon en Og, die twee konings van die Amoriete anderkant die Jordaan-rivier. Julle het hulle en hulle mense almal doodgemaak.
11 Toe ons dit hoor, het ons baie bang geword, niemand van ons dink dat ons teen julle kan wen nie. Julle God die Here, Hý is die God in die hemel daarbo en op die aarde hier onder.