7 Die manne van Jerigo het gehardloop op die pad na die Jordaan-rivier tot by die driwwe, en toe hulle uit die stad gegaan het, het die wagte die poort gesluit. Die manne het gedink die spioene is voor hulle op die pad.
8 Ragab het opgegaan na die spioene op die dak voordat hulle aan die slaap geraak het.
9 Sy het vir hulle gesê: “Ek weet die Here sal die land vir julle gee. Ons is baie bang vir julle, en al die mense van die land is baie bang vir julle.
10 Want ons het gehoor dat die Here vir julle gehelp het en die Riet-see droog laat word het toe julle uit die land Egipte gekom het. Ons weet ook wat julle gedoen het met Sihon en Og, die twee konings van die Amoriete anderkant die Jordaan-rivier. Julle het hulle en hulle mense almal doodgemaak.
11 Toe ons dit hoor, het ons baie bang geword, niemand van ons dink dat ons teen julle kan wen nie. Julle God die Here, Hý is die God in die hemel daarbo en op die aarde hier onder.
12 Julle moet nou vir my belowe, en die Here moet die getuie wees. Ek was goed vir julle. Julle moet belowe dat julle vir my familie ook goed sal wees en julle moet vir my wys dat julle dit sal doen.
13 Julle moenie my ouers en my broers en susters doodmaak nie, julle moet niks vat wat aan hulle behoort nie, julle moet keer sodat julle mense ons nie doodmaak nie.”