5 As die naaste familielid van die persoon wat dood is, die man volg en jaag wat die persoon doodgemaak het, dan mag die leiers van die stad nie die man vir hulle gee nie, want hy wou nie die persoon doodmaak nie en hulle was nie voor die tyd vyande nie.
6 Maar hy moet in daardie stad bly totdat die volksvergadering kan besluit of hy skuldig is of nie. As hy nie skuldig is nie, dan moet hy daar bly totdat die hoëpriester van daardie tyd gesterf het. Daarna mag hy teruggaan na sy eie stad, na sy huis in die stad waar hy gewoon het voordat hy gevlug het.”
7 Hulle het toe hierdie stede gewy: Kedes in Galilea in die Naftali-berge, Sigem in die Efraim-berge en Kirjat-Arba in die Juda-berge. Kirjat-Arba se ander naam was Hebron.
8 Oorkant die Jordaan-rivier oos van die stad Jerigo in die woestyn het hulle hierdie stede gewy: Beser op die Hoëveld van die Ruben-stam, Ramot in Gilead op die grond van die Gad-stam, en Golan in Basan, op die grond van die Manasse-stam.
9 Dit was die stede wat hulle gekies het. ’n Israeliet en ’n vreemdeling wat tussen die Israeliete woon, kon na ’n asielstad vlug wanneer hy ’n persoon doodgemaak het, maar hy wou dit nie doen nie, dit was ’n ongeluk. Dan kon die naaste familielid van die persoon wat dood is, hom nie doodmaak voordat die volksvergadering besluit het of hy skuldig is of nie.