13 Die nageslag van die priester Aäron het hierdie stede gekry: die asielstad Hebron, en Libna,
14 Jattir, Estemoa,
15 Golon, Debir,
16 Ajin, Jutta en Bet-Semes, elke stad met sy weiveld. Dit was die nege stede van hierdie twee stamme.
17 Hulle het van die Benjamin-stam ook hierdie stede gekry: Gibeon, Geba,
18 Anatot en Almon. Dit was vier stede, elke stad met sy weiveld.
19 Die priesters van die nageslag van Aäron het 13 stede gekry, elke stad met sy weiveld.