19 Die priesters van die nageslag van Aäron het 13 stede gekry, elke stad met sy weiveld.
20 Die Israeliete het lootjies getrek, en die ander Leviete in die Kehat-familie het hulle grond gekry. Hulle het van die Efraim-stam hierdie stede gekry:
21 die asielstad Sigem in die Efraim-berge, en die stede Geser,
22 Kibsajim en Bet-Goron, saam met die weivelde by die stede. Dit was vier stede.
23 Hulle het van die Dan-stam ook hierdie stede gekry: die stede Elteke, Gibbeton,
24 Ajalon en Gat-Rimmon, saam met die weivelde by die stede. Dit was vier stede.
25 Hulle het van die halwe Manasse-stam hierdie stede gekry: Taänak en Gat-Rimmon, saam met die weivelde by die stede. Dit was twee stede.