23 Hulle het van die Dan-stam ook hierdie stede gekry: die stede Elteke, Gibbeton,
24 Ajalon en Gat-Rimmon, saam met die weivelde by die stede. Dit was vier stede.
25 Hulle het van die halwe Manasse-stam hierdie stede gekry: Taänak en Gat-Rimmon, saam met die weivelde by die stede. Dit was twee stede.
26 Die ander Leviete in die Kehat-familie het tien stede gekry, saam met die weivelde by die stede.
27 Die Leviete in die Gerson-familie het van die halwe Manasse-stam in die land Basan die asielstad Golan en die stad Astarot gekry, saam met die weivelde by die stede. Dit was twee stede.
28 Hulle het van die Issaskar-stam hierdie stede gekry: Kisjon, Daberat,
29 Jarmut en En-Gannim saam met die weivelde by die stede. Dit was vier stede.