18 As julle vandag ophou om die Here te dien en as julle opstandig is teen Hom, dan sal Hy môre kwaad wees vir ál die Israeliete.
19 As die land wat aan julle behoort, onrein is, dan moet julle kom na die land wat aan die Here self behoort, die land waar sy tempel-tent is, en julle moet vir julle grond vat tussen ons. Maar julle moenie opstandig wees teen die Here en teen ons nie. Julle moenie vir julle ’n eie altaar bou wat nie die altaar van ons God die Here is nie.
20 Akan seun van Serag was ontrou, hy het van die goed gevat wat aan die Here gewy was, en die Here het nie net vir hóm laat sterf oor sy sonde nie, die Here was kwaad vir ál die Israeliete.”
21 Die mense van die stamme Ruben en Gad en die halwe Manasse-stam het vir die hoofde van die familie-groepe van Israel gesê:
22 “Die Here is die God van die gode, die Here is die God van die gode! Hy weet, en julle moet ook weet hoekom ons dit gedoen het. Ons het dit nie gedoen omdat ons opstandig wil wees teen die Here of omdat ons ontrou wil wees aan Hom nie. As julle dink dat ons verkeerd gedoen het, dan moet julle ons vandag doodmaak.
23 Die Here self sal ons straf as ons vir ons ’n altaar gebou het om op te hou om die Here te dien en om brand-offers, koring-offers en ete-offers op die altaar te bring.
24 Nee, ons het die altaar gebou omdat ons bekommerd was. Ons het gedink julle kinders sal eendag vir ons kinders sê: ‘Julle behoort nie aan die Here, die God van Israel, nie.