18 Die Here het al die volke weggejaag om plek te maak vir ons, Hy het ook die Amoriete weggejaag wat in die land gewoon het. Ons sal ook die Here dien, want Hý is ons God.”
19 Toe sê Josua vir die volk: “Julle kan nie die Here dien nie, want Hy is ’n heilige God, Hy wil hê julle moet net vir Hom dien. Hy sal julle nie vergewe as julle opstandig is en sonde doen nie.
20 As julle die Here los en as julle gode van ander volke dien, dan sal Hy dit sleg laat gaan met julle en Hy sal julle almal laat sterf, Hy wat voorheen goed gedoen het aan julle.”
21 Die volk het toe vir Josua gesê: “Nee, ons sal net die Here dien.”
22 Josua het vir die volk gesê: “Dan is julle getuies teen julleself dat júlle gekies het om die Here te dien.”En hulle het gesê: “Ja, ons is.”
23 Josua sê toe: “Dan moet julle nou die ander volke se gode los en julle moet heeltemal aan die Here behoort, julle moet behoort aan die God van Israel.”
24 Die volk het geantwoord en gesê: “Ons sal net ons God die Here dien en ons sal net aan Hom gehoorsaam wees.”