20 As julle die Here los en as julle gode van ander volke dien, dan sal Hy dit sleg laat gaan met julle en Hy sal julle almal laat sterf, Hy wat voorheen goed gedoen het aan julle.”
21 Die volk het toe vir Josua gesê: “Nee, ons sal net die Here dien.”
22 Josua het vir die volk gesê: “Dan is julle getuies teen julleself dat júlle gekies het om die Here te dien.”En hulle het gesê: “Ja, ons is.”
23 Josua sê toe: “Dan moet julle nou die ander volke se gode los en julle moet heeltemal aan die Here behoort, julle moet behoort aan die God van Israel.”
24 Die volk het geantwoord en gesê: “Ons sal net ons God die Here dien en ons sal net aan Hom gehoorsaam wees.”
25 Josua het daardie dag ’n verbond gemaak met die volk. Hy het daar by die stad Sigem vir hulle reëls en wette gegee.
26 Hy het dit opgeskryf in die Wetboek van God. Hy het ’n groot klip geneem en hy het dit daar regop gesit onder die groot boom by die tempel van die Here.