25 Josua het daardie dag ’n verbond gemaak met die volk. Hy het daar by die stad Sigem vir hulle reëls en wette gegee.
26 Hy het dit opgeskryf in die Wetboek van God. Hy het ’n groot klip geneem en hy het dit daar regop gesit onder die groot boom by die tempel van die Here.
27 Josua het vir die hele volk gesê: “Hierdie klip sal vir ons ’n getuie wees, want die klip het alles gehoor wat die Here vir ons gesê het. Die klip sal die getuie wees sodat julle nie vals is met julle God nie.”
28 Toe het Josua die volk laat gaan, elkeen na sy grond.
29 Nadat hierdie dinge gebeur het, het die Here se dienaar Josua seun van Nun gesterf. Josua was 110 jaar oud.
30 Hulle het hom begrawe op sy grond by die stad Timnat-Serag in die Efraim-berge, noord van Gaäs-berg.
31 Terwyl Josua gelewe het, het die Israeliete die Here gedien. Hulle het aangehou om Hom te dien, ook toe die leiers gelewe het wat geweet het wat die Here vir die Israeliete gedoen het.