1 Toe al die mense klaar deur die Jordaan-rivier gegaan het, het die Here vir Josua gesê:
2 “Julle moet twaalf mans kies uit die volk, julle moet een man kies uit elke stam,
3 en julle moet vir hulle sê: ‘Julle moet hier in die middel van die Jordaan-rivier twaalf klippe optel, op die plek waar die priesters gestaan het. Julle moet die klippe saamneem en julle moet die klippe neersit op die plek waar julle vannag gaan slaap.’ ”
4 Josua het toe die twaalf mans geroep wat hy uit die Israeliete gekies het, een man uit elke stam,
5 en hy het vir hulle gesê: “Julle moet voor die kis van julle God die Here loop na die middel van die Jordaan-rivier, en julle elkeen moet ’n klip optel en op sy skouer sit, een klip vir elke stam van die Israeliete.
6 Die klippe moet vir julle ’n teken wees. Wanneer julle kinders eendag vir julle vra: ‘Wat beteken daardie klippe vir julle?’