14 Die Here het daardie dag vir Josua ’n belangrike man laat word. Al die Israeliete het gedink Josua is ’n belangrike man, hulle het hom gerespekteer so lank soos hy gelewe het, soos hulle ook vir Moses gerespekteer het.
15 Die Here het vir Josua gesê:
16 “Sê vir die priesters hulle moet uitkom uit die Jordaan-rivier.”
17 Josua het toe vir die priesters gesê hulle moet uitkom.
18 Die priesters wat die verbondskis van die Here gedra het, het uit die Jordaan-rivier gekom, en toe hulle voete aan die kant van die rivier raak, het die water van die rivier weer begin vloei, soos voorheen. Die rivier het oor sy walle gevloei, soos voorheen.
19 Die Israeliete het uit die Jordaan-rivier gekom op die tiende dag van die eerste maand, en hulle het hulle tente opgeslaan by die plek Gilgal oos van die stad Jerigo.
20 Josua het daardie twaalf klippe wat hulle uit die Jordaan-rivier geneem het, regop gesit by Gilgal,