16 “Sê vir die priesters hulle moet uitkom uit die Jordaan-rivier.”
17 Josua het toe vir die priesters gesê hulle moet uitkom.
18 Die priesters wat die verbondskis van die Here gedra het, het uit die Jordaan-rivier gekom, en toe hulle voete aan die kant van die rivier raak, het die water van die rivier weer begin vloei, soos voorheen. Die rivier het oor sy walle gevloei, soos voorheen.
19 Die Israeliete het uit die Jordaan-rivier gekom op die tiende dag van die eerste maand, en hulle het hulle tente opgeslaan by die plek Gilgal oos van die stad Jerigo.
20 Josua het daardie twaalf klippe wat hulle uit die Jordaan-rivier geneem het, regop gesit by Gilgal,
21 en hy het vir die Israeliete gesê: “Wanneer julle kinders eendag vir hulle pa’s vra wat daardie klippe beteken,
22 dan moet julle vir die kinders vertel: ‘Israel het op droë grond oor hierdie Jordaan-rivier gegaan.’