1 “Die konings van die Amoriete wes van die Jordaan-rivier en die konings van die Kanaäniete by die see het gehoor dat die Here die water van die Jordaan-rivier laat ophou vloei het sodat die Israeliete oor die rivier kon gaan. Die konings het baie bang geword, hulle was bang om teen die Israeliete te veg.”
2 Die Here het toe vir Josua gesê: “Jy moet klipmesse maak en jy moet die Israeliete besny.”
3 Josua het klipmesse gemaak en hy het die Israeliete besny by Voorhuide-heuwel.
4 Hoekom moes Josua dit doen? Want al die mans wat uit Egipte gekom het, almal wat kon oorlog maak, het in die woestyn gesterf nadat hulle uit die land Egipte gekom het.
5 Almal wat uit Egipte gekom het, was besny, maar almal wat in die woestyn gebore is, nadat hulle uit Egipte gekom het, is nie besny nie.
6 Die Israeliete moes 40 jaar lank deur die woestyn loop totdat al die mans gesterf het wat uit Egipte gekom het, almal wat kon oorlog maak. Want hulle was nie gehoorsaam aan die Here nie, en die Here het gesê hulle sal nie die land sien nie. Hy het vir hulle voorvaders belowe dat Hy die land vir ons sal gee. Dit is ’n land waar daar baie melk en heuning is.