4 Hoekom moes Josua dit doen? Want al die mans wat uit Egipte gekom het, almal wat kon oorlog maak, het in die woestyn gesterf nadat hulle uit die land Egipte gekom het.
5 Almal wat uit Egipte gekom het, was besny, maar almal wat in die woestyn gebore is, nadat hulle uit Egipte gekom het, is nie besny nie.
6 Die Israeliete moes 40 jaar lank deur die woestyn loop totdat al die mans gesterf het wat uit Egipte gekom het, almal wat kon oorlog maak. Want hulle was nie gehoorsaam aan die Here nie, en die Here het gesê hulle sal nie die land sien nie. Hy het vir hulle voorvaders belowe dat Hy die land vir ons sal gee. Dit is ’n land waar daar baie melk en heuning is.
7 Die Here het seuns gegee in die plek van hulle pa’s, en Josua het húlle besny. Hulle is nie op die pad van Egipte af hiernatoe besny nie.
8 Toe almal klaar besny is, het hulle daar in die kamp gebly totdat hulle gesond was.
9 Die Here het vir Josua gesê: “Julle was slawe in Egipte, maar Ek het vandag die skande weggeneem van julle.”Daarom het die Here daardie plek Gilgal genoem, en dit is vandag nog die plek se naam.
10 Die Israeliete het die Paasfees gevier terwyl hulle in die kamp by Gilgal was, in die Jordaan-vallei naby Jerigo. Dit was op die aand van die veertiende dag van die maand.