10 Hy het vroeg opgestaan en hy het die manne laat gereedmaak. Hy en die leiers van die Israeliete het voor die manne na Ai geloop.
11 Al die manne wat saam met Josua was, het nader gegaan en hulle het voor die stad gekom. Hulle het hulle tente opgeslaan noord van die stad. Daar was ’n vallei tussen hulle en die stad Ai.
12 Josua het omtrent 5 000 manne laat wegkruip tussen Bet-El en Ai, wes van Ai.
13 Josua en die leiers het gesê die manne moet op hulle plekke wees. Die groot kamp was noord van die stad en die ander manne was wes van die stad. Josua het daardie nag deur die vallei geloop.
14 En dadelik toe die koning van Ai die Israeliete sien, het die manne van die stad gereedgemaak en uitgegaan om die Israeliete aan te val. Die koning en sy manne het die Israeliete in die Jordaan-vallei gaan aanval. Hy het nie geweet dat party Israeliete agter die stad weggekruip het nie.
15 Dit het gelyk of Josua en al die Israeliete die oorlog verloor, hulle het na die woestyn gevlug.
16 Die koning van Ai het al die manne wat nog in die stad was, laat kom om die Israeliete te volg en te jaag. Terwyl hulle dit gedoen het, het hulle verder en verder van die stad gegaan.