3 Die mense wat in die stad Gibeon gewoon het, het gehoor wat Josua gedoen het met die stede Jerigo en Ai.
4 Hulle maak toe self ’n slim plan. Hulle het besluit om te maak of hulle boodskappers is. Hulle het ou saalkleedjies geneem vir hulle donkies, en ou wynsakke wat geskeur het en wat hulle toegebind het.
5 Hulle het ou sandale aangetrek wat hulle reggemaak het, en hulle het ou klere gedra. Hulle padkos was droë krummels.
6 Hulle het na Josua toe gegaan in die kamp by Gilgal en hulle het vir hom en die leiers van die Israeliete gesê: “Ons kom van ’n ver land, en nou moet julle ’n ooreenkoms maak met ons.”
7 Die leiers van die Israeliete het vir die Hewiete gesê: “Julle woon miskien hier naby ons, en dan kan ons nie ’n ooreenkoms maak met julle nie.”
8 Hulle sê toe vir Josua: “Ons sal vir julle werk.”Josua vra toe: “Wie is julle en van waar kom julle?”
9 Hulle het vir hom gesê: “Ons kom van ’n baie ver land. Maar ons het die Naam van jou God die Here gehoor, en ons het gehoor van alles wat Hy in Egipte gedoen het.