5 Misael en Elsafan het gekom en hulle het vir Nadab en Abihu uit die kamp gedra, soos Moses gesê het. Nadab en Abihu het nog hulle rokke aangehad.
6 Daarna het Moses vir Aäron en sy ander seuns Eleasar en Itamar gesê: “Julle moenie julle hare deurmekaar laat bly en julle moenie julle klere skeur om te wys dat julle rou nie, want as julle dit doen, dan sal julle sterf, en die Here sal kwaad wees vir al die Israeliete. Die ander priesters en al die Israeliete mag huil omdat die Here vir Nadab en Abihu laat verbrand het.
7 Julle mag ook nie weggaan van die ingang van die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn nie, want die salf-olie van die Here is op julle.”Aäron en sy seuns het gedoen soos Moses gesê het.
8 Die Here het vir Aäron gesê:
9 “Jy en jou seuns mag nie wyn of bier drink wanneer julle na die tent kom waar Ek aan die Israeliete verskyn nie. As julle dit doen, dan sal julle sterf. Julle en julle nageslag mag dit nooit doen nie.
10 Daar is dinge wat gewy is en daar is dinge wat nie gewy is nie. Julle moet wys dat hulle nie dieselfde is nie. Daar is ook dinge wat onrein is en daar is dinge wat rein is. Julle moet wys dat hulle nie dieselfde is nie.
11 Julle moet vir die Israeliete alles leer wat Ek wil hê hulle moet doen. Ek het vir Moses gestuur om dit vir die Israeliete te sê.”