34 As daar water in die kleipot was en die water kom op kos, dan sal die kos onrein wees. As daar iets in die kruik was wat ’n mens kan drink, dan sal dit onrein wees
35 As die diertjies se dooie liggame op enige iets val, dan sal dit alles onrein wees. As dit op ’n oond of op ’n kookplek val, dan moet julle die oond of kookplek stukkend slaan. Dit is onrein en dit sal vir julle onrein bly.
36 As ’n dooie diertjie in ’n fontein of ’n watergat val en iemand raak aan die dooie diertjie, dan sal die persoon onrein wees, maar die water sal rein wees.
37 As ’n dooie diertjie op saad val wat iemand wil saai, dan bly die saad rein.
38 Maar as iemand water op die saad gooi en ’n dooie diertjie val daarop, dan sal die saad onrein wees vir julle.
39 “As een van die diere wat julle mag eet, doodgaan, en iemand raak miskien aan die dooie dier, dan sal hy onrein wees tot die aand.
40 Mense wat vleis van die dooie dier eet of wat die dooie dier optel, moet hulle klere was en hulle sal onrein wees tot die aand.