45 “Iemand wat melaats is, moet sy klere skeur en hy moet sy hare los laat hang. Hy moet sy snor en sy baard toe hou en hy moet skree: ‘Ek is onrein! Ek is onrein!’
46 Hy is onrein so lank soos hy die seerplek het. Hy moet alleen woon, buite die kamp.”
47 “Daar kom miskien kolle op wolklere of op linne-klere,
48 of op materiaal, of op iets wat gemaak is van vel.
49 As daardie kolle groen of rooi is, dan is dit skimmel. Die priester moet daarna kyk.
50 As die priester daarna gekyk het, dan moet hy die klere of materiaal of ding van vel sewe dae lank toesluit.
51 As hy op die sewende dag sien die kolle het meer geword, dan is dit slegte skimmel, en die klere of materiaal of die ding van vel is onrein.