21 “As die persoon arm is en hy het nie geld om vir die lammers te betaal nie, dan moet hy een ram-lam bring om ’n skuld-offer te wees. Dit is ’n beweeg-offer, sodat die priester vir hom versoening kan doen. Hy moet ook een tiende van ’n efa van die beste meel bring wat hy met olyf-olie gemeng en geknie het. Dit is ’n koring-offer. Die persoon moet ook ’n log olyf-olie
22 en twee tortelduiwe of twee makduiwe bring as hy dit kan koop. Een duif is vir ’n sonde-offer en een duif is vir ’n brand-offer.
23 Die persoon moet dan die lam en die duiwe op die agste dag na die priester toe bring, die priester wat hom moet reinig, voor die Here, by die ingang van die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn.
24 Die priester moet die lam en die log olie neem en hy moet dit heen en weer voor die Here beweeg om ’n beweeg-offer te wees.
25 Daarna moet die priester die lam slag wat ’n skuld-offer is. Hy moet van die bloed neem en dit smeer aan die regter-oor van die persoon wat hy moet reinig, en ook aan sy regter-duim en sy regter-groottoon.
26 Daarna moet die priester van die olie in sy linker-hand gooi
27 en hy moet met sy regter-vinger sewe maal van die olyf-olie voor die Here spat.