31 Die een duif moet ’n sonde-offer wees en die ander duif moet ’n brand-offer wees saam met die koring-offer. Die priester moet voor die Here versoening doen vir die persoon wat hy moet reinig.
32 Dit is wat moet gebeur as iemand ’n melaatse seerplek gehad het en as hy nie geld het vir hierdie offers nie.”
33 Die Here het vir Moses en Aäron gesê:
34 “Ek sal vir julle die land Kanaän gee om aan julle te behoort. Wanneer julle in die land kom en Ek laat ’n swam groei teen die mure van ’n huis in daardie land,
35 dan moet die persoon kom aan wie die huis behoort, en hy moet vir die priester sê: ‘Ek sien daar is iets soos ’n swam teen my huis se mure.’
36 Die priester moet dan sê hulle moet alles uit die huis neem voordat hy na die swam gaan kyk. Dan sal alles wat in die huis is, nie onrein word nie. Daarna moet die priester gaan kyk na die swam.
37 As hy sien die swam teen die huis se muur is groen of rooi en dit lyk of dit dieper is as die muur,