1 Die Here het vir Moses en Aäron gesê:
2 “Julle moet vir die Israeliete sê: Wanneer daar iets nat kom uit ’n man se geslagsorgaan, dan maak dit hom onrein.
3 Die man is onrein wanneer daar iets nat uit sy geslagsorgaan kom, wanneer dit aanhou uitloop én wanneer dit partymaal stop.
4 ’n Bed waarop hierdie man slaap en ’n ding waarop hy sit, word ook onrein.
5 Iemand wat aan die bed raak, moet sy klere was en hy moet homself bad. Hy is onrein tot die aand.