15 Die priester moet dan die duiwe offer, een duif om ’n sonde-offer te wees en een duif om ’n brand-offer te wees. So moet die priester vir die man versoening doen voor die Here.
16 “As daar saad gekom het uit ’n man se geslagsorgaan, dan moet hy homself bad. Hy is onrein tot die aand.
17 Hy moet die klere of vel was waarop die saad gekom het. Hy is onrein tot die aand.
18 Wanneer ’n man by ’n vrou slaap en daar kom saad uit sy geslagsorgaan, dan moet hulle altwee bad. Hulle is onrein tot die aand.
19 “Wanneer ’n vrou menstrueer, dan is sy sewe dae lank onrein. Elkeen wat aan haar raak, is onrein tot die aand.
20 Enige iets waarop die vrou lê terwyl sy menstrueer, word onrein, en elke ding waarop sy sit, word onrein.
21-23 Elkeen wat raak aan die bed of die stoel of iets waarop die vrou gesit het, moet sy klere was en hy moet homself bad. Hy is onrein tot die aand.