17 Hy moet die klere of vel was waarop die saad gekom het. Hy is onrein tot die aand.
18 Wanneer ’n man by ’n vrou slaap en daar kom saad uit sy geslagsorgaan, dan moet hulle altwee bad. Hulle is onrein tot die aand.
19 “Wanneer ’n vrou menstrueer, dan is sy sewe dae lank onrein. Elkeen wat aan haar raak, is onrein tot die aand.
20 Enige iets waarop die vrou lê terwyl sy menstrueer, word onrein, en elke ding waarop sy sit, word onrein.
21-23 Elkeen wat raak aan die bed of die stoel of iets waarop die vrou gesit het, moet sy klere was en hy moet homself bad. Hy is onrein tot die aand.
24 Wanneer ’n man seks het met ’n vrou wat menstrueer, dan word hy ook onrein vir sewe dae, en elke bed waarop hy lê, word onrein.
25 Wanneer daar bloed uit ’n vrou kom in ’n tyd wanneer sy nie menstrueer nie, of as die bloed aanhou uitkom nadat sy gemenstrueer het, dan is sy onrein so lank soos die bloed uitkom.