21-23 Elkeen wat raak aan die bed of die stoel of iets waarop die vrou gesit het, moet sy klere was en hy moet homself bad. Hy is onrein tot die aand.
24 Wanneer ’n man seks het met ’n vrou wat menstrueer, dan word hy ook onrein vir sewe dae, en elke bed waarop hy lê, word onrein.
25 Wanneer daar bloed uit ’n vrou kom in ’n tyd wanneer sy nie menstrueer nie, of as die bloed aanhou uitkom nadat sy gemenstrueer het, dan is sy onrein so lank soos die bloed uitkom.
26 Elke bed waarop sy lê en elke ding waarop sy sit, sal onrein word, soos wanneer sy menstrueer.
27 Elkeen wat raak aan die bed of die ding waarop die vrou gesit het, sal onrein word, hy moet sy klere was en hy moet homself bad. Hy is onrein tot die aand.
28 Wanneer daar nie meer bloed uitkom nie, dan moet die vrou sewe dae wag, daarna kan sy rein word.
29 Op die agste dag moet sy twee tortelduiwe of twee makduiwe bring vir die priester by die ingang van die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn.