25 Hy moet ook die vet van die sonde-offer verbrand op die altaar.
26 Die persoon wat die bok weggeneem het na Asasel toe, moet sy klere was en hy moet homself bad. Daarna mag hy terugkom in die kamp.
27 Aäron het die bloed van die bul en van die bok wat sonde-offers is, gebruik om versoening te doen in die gewyde kamer. Iemand moet dan die bul en die bok uit die kamp neem en hy moet hulle verbrand, ook die velle en die vleis en die pensmis.
28 Die persoon wat dit doen, moet sy klere was en hy moet homself bad, daarna mag hy terugkom in die kamp.
29 Julle moet altyd dit doen: Julle moenie eet of werk op die tiende dag van die sewende maand nie, die Israeliete moenie werk nie en ook nie die vreemdelinge wat by julle woon nie.
30 Hoekom? Want op hierdie dag moet die hoëpriester vir julle versoening doen en so moet hy julle reinig van julle sonde, sodat julle rein kan wees voor die Here.
31 Hierdie dag moet vir julle ’n spesiale Sabbatdag wees, en julle mag dan nie eet nie. Dit moet altyd so wees.