5 Die Israeliete moenie die offers in die veld offer, soos hulle voorheen gedoen het nie, hulle moet dit na die Here toe bring. Hulle moet dit bring na die priester by die ingang van die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn, en hulle moet dit daar slag om ete-offers vir die Here te wees.
6 Die priester moet die bloed spat teen die altaar van die Here by die ingang van die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn. En hy moet die vet verbrand. Dit sal lekker ruik vir die Here.
7 Die Israeliete was voorheen ontrou aan die Here, hulle het hulle offers geslag vir die veldgode. Die Israeliete en hulle nageslag mag dit nooit weer doen nie.
8 “Jy moet vir die Israeliete sê: ’n Israeliet of ’n vreemdeling wat ’n brand-offer of ’n ander offer bring,
9 mag dit net bring na die ingang van die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn, hy moet dit dáár vir die Here offer. As hy dit nie daar offer nie, dan moet hulle hom afsny van sy volk.”
10 “Wanneer ’n Israeliet of ’n vreemdeling bloed eet, dan is Ek téén daardie persoon wat die bloed eet, en julle moet hom afsny van die volk.
11 Want ’n liggaam se lewe is in die bloed, en Ek het vir julle die bloed gegee om vir julle versoening te doen op die altaar. Die lewe is in die bloed, en die bloed doen versoening vir julle lewens.