18 Jy mag nie trou met jou vrou se suster terwyl jou vrou lewe nie. Hulle sal vyande word as jy seks het met die suster.
19 Jy mag nie seks hê met ’n vrou wat menstrueer nie, sy is onrein.
20 Jy mag nie seks hê met ’n ander man se vrou nie, jy sal onrein word.
21 Jy mag nie ’n kind of ’n kleinkind van jou offer vir Molek nie, jy mag nie die Naam van jou God ontwy nie. Ek is die Here.
22 ’n Man mag nie seks hê met ’n man nie. Die Here haat dit.
23 ’n Man mag nie seks hê met ’n dier nie. ’n Vrou mag ook nie seks hê met ’n dier nie, die Here haat dit.
24 Jy moenie enige een van hierdie dinge doen nie, want dan sal jy jouself onrein laat word. Die ander volke het dit gedoen en so het hulle onrein geword, die volke wat Ek wegjaag om plek te maak vir julle.