2 “Jy moet vir die Israeliete sê: Ek is julle God die Here.
3 Julle het voorheen in die land Egipte gewoon, maar julle mag nie die dinge doen wat die mense van daardie land gedoen het nie. Ek bring julle nou na die land Kanaän, maar julle mag ook nie die dinge doen wat die mense van daardie land doen nie. Julle mag nie lewe soos hulle nie.
4 Julle moet doen wat Ek sê, julle moet lewe soos Ek besluit. Ek is julle God die Here.
5 Julle moet aanhou om te doen wat Ek sê en besluit. Die mens wat dit doen, sal aanhou lewe. Ek is die Here.
6 “Niemand van julle mag seks hê met iemand wat naby familie is nie. Ek is die Here.
7 Jy mag nie seks hê met jou ma nie, want jy sal skande bring oor jou pa se naam. Sy is jou ma, jy mag nie seks hê met haar nie.
8 Jy mag nie seks hê met ’n ander vrou van jou pa nie, jy sal skande bring oor jou pa se naam.