4 Julle moet doen wat Ek sê, julle moet lewe soos Ek besluit. Ek is julle God die Here.
5 Julle moet aanhou om te doen wat Ek sê en besluit. Die mens wat dit doen, sal aanhou lewe. Ek is die Here.
6 “Niemand van julle mag seks hê met iemand wat naby familie is nie. Ek is die Here.
7 Jy mag nie seks hê met jou ma nie, want jy sal skande bring oor jou pa se naam. Sy is jou ma, jy mag nie seks hê met haar nie.
8 Jy mag nie seks hê met ’n ander vrou van jou pa nie, jy sal skande bring oor jou pa se naam.
9 Jy mag nie seks hê met jou suster nie, ook nie met jou stiefsuster wat in die huis of op ’n ander plek gebore is nie.
10 Jy mag nie seks hê met jou kleindogter nie, want dit sal skande bring oor jou naam.