21 Die man moet ’n skuld-offer vir die Here bring na die ingang van die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn. Die skuld-offer moet ’n skaap-ram wees.
22 Die priester moet die skuld-offer offer om versoening te doen vir die sonde wat die man gedoen het. Dan sal die Here sy sonde vergewe.
23 “Wanneer julle in die land kom en julle plant vrugtebome, dan mag julle drie jaar lank nie die vrugte eet nie.
24 In die vierde jaar moet julle al die vrugte wy om vir die Here dankie te sê.
25 Van die vyfde jaar af mag julle die vrugte eet. Dan sal daar baie vrugte wees. Ek is julle God die Here.
26 “Julle mag nie vleis eet wat vol bloed is nie. Julle mag nie toor nie. Julle mag nie sê julle weet dinge wat ander mense nie kan weet nie.
27 “Wanneer julle wil rou, dan mag julle nie die hare langs die kante van julle kop en julle baard afskeer nie.