26 “Julle mag nie vleis eet wat vol bloed is nie. Julle mag nie toor nie. Julle mag nie sê julle weet dinge wat ander mense nie kan weet nie.
27 “Wanneer julle wil rou, dan mag julle nie die hare langs die kante van julle kop en julle baard afskeer nie.
28 Julle mag ook nie julle liggame sny of prente op julle vel teken nie. Ek is die Here.
29 “Jy moenie jou dogter ’n prostituut laat word nie, want dan sal julle haar ontwy. Dan sal ander mense in die land ook prostitute word, en die land sal vol word van mense wat hierdie slegte ding doen.
30 “Julle moet my Sabbatdae vier en julle moet my tempel respekteer. Ek is die Here.
31 “Julle mag nie vir geeste van dooie mense of vir waarsêers vra wat julle wil weet nie. As julle dit doen, dan sal julle onrein word. Ek is julle God die Here.
32 “Jy moet opstaan wanneer ’n oumens na jou toe kom, jy moet hom respekteer en jy moet vir God respekteer en dien. Ek is die Here.