28 Julle mag ook nie julle liggame sny of prente op julle vel teken nie. Ek is die Here.
29 “Jy moenie jou dogter ’n prostituut laat word nie, want dan sal julle haar ontwy. Dan sal ander mense in die land ook prostitute word, en die land sal vol word van mense wat hierdie slegte ding doen.
30 “Julle moet my Sabbatdae vier en julle moet my tempel respekteer. Ek is die Here.
31 “Julle mag nie vir geeste van dooie mense of vir waarsêers vra wat julle wil weet nie. As julle dit doen, dan sal julle onrein word. Ek is julle God die Here.
32 “Jy moet opstaan wanneer ’n oumens na jou toe kom, jy moet hom respekteer en jy moet vir God respekteer en dien. Ek is die Here.
33 “Wanneer ’n vreemdeling by julle in die land woon, dan mag julle hom nie laat swaarkry nie.
34 Die vreemdeling moet vir julle wees soos ’n Israeliet, jy moet lief wees vir hom soos jy lief is vir jouself, want julle was ook vreemdelinge in die land Egipte. Ek is julle God die Here.