5 “Wanneer julle vir die Here ’n ete-offer slag, dan moet julle dit so doen dat die Here julle aanvaar.
6 Julle mag die vleis eet op die dag wanneer julle die dier slag en julle mag dit ook die volgende dag eet. Maar as daar vleis oorbly tot die derde dag, dan moet julle dit verbrand.
7 As iemand op die derde dag van die vleis eet, dan sal die Here dit nie aanvaar nie, die vleis is onrein.
8 Ek sal die persoon straf wat dit gedoen het, hy sal skuldig wees, want hy het iets ontwy wat aan die Here gewy is. Julle moet daardie persoon afsny van sy volk.
9 “Wanneer julle koring of gars afsny, dan moet julle nie alles tot by die kant van die land afsny nie, en julle moenie die koring-are of gars-are optel wat val nie.
10 En wanneer jy druiwe pluk, dan mag jy nie ’n tweede maal deur jou wingerd gaan om nog druiwe te pluk nie. Jy mag ook nie die druiwetrosse optel wat val nie. Jy moet hulle los vir arm mense en vir vreemdelinge.
11 “Julle mag nie mekaar se goed steel of vir mekaar lieg of mekaar bedrieg nie.