9 “Wanneer julle koring of gars afsny, dan moet julle nie alles tot by die kant van die land afsny nie, en julle moenie die koring-are of gars-are optel wat val nie.
10 En wanneer jy druiwe pluk, dan mag jy nie ’n tweede maal deur jou wingerd gaan om nog druiwe te pluk nie. Jy mag ook nie die druiwetrosse optel wat val nie. Jy moet hulle los vir arm mense en vir vreemdelinge.
11 “Julle mag nie mekaar se goed steel of vir mekaar lieg of mekaar bedrieg nie.
12 “Jy mag nie vals wees wanneer jy iets belowe en sê die Here is die getuie nie. As jy dit doen, dan ontwy jy die Naam van jou God. Ek is die Here.
13 “Jy mag nie jou naaste verdruk en sy goed vir jouself vat nie. Jy moet elke dag die dagloner se beloning vir hom gee, jy moenie wag tot die volgende dag nie.
14 “Jy mag nie ’n dowe mens vervloek nie en jy mag nie in ’n blinde mens se pad iets sit waaroor hy kan val nie. Jy moet jou God respekteer en dien.
15 “Jy moenie verkeerd oordeel nie. Wanneer iemand skuldig is, dan mag jy nie sê hy is onskuldig nie, dit maak nie saak of hy ’n arm mens of ’n ryk mens is nie. Jy moet regverdig wees wanneer jy oordeel.