1 Die Here het vir Moses gesê: “Wanneer iemand vir My ’n koring-offer wil gee, dan moet hy vir die Here van die beste meel gee. Hy moet olyf-olie oor die meel gooi en hy moet wierook bo-op sit.
2 Dan moet hy dit bring na die priesters van die nageslag van Aäron. Die priester moet ’n handvol meel neem saam met party van die olyf-olie en al die wierook. Dit is die deel wat die Here moet kry, en die priester moet dit op die altaar verbrand. Dit is ’n vuur-offer, dit ruik lekker vir die Here.
3 Die deel van die koring-offer wat oorbly, behoort aan Aäron en sy seuns. Dit is die hoog-gewyde deel van die vuur-offers vir die Here.
4 “Wanneer die persoon ’n koring-offer wil gee wat hy in ’n oond gebak het, dan moet hy die beste meel gebruik. Dit moet ongesuurde rondebrood wees wat hy met olyf-olie geknie het, of ongesuurde roosterkoek waarop hy olyf-olie gesmeer het.