4 “Wanneer die persoon ’n koring-offer wil gee wat hy in ’n oond gebak het, dan moet hy die beste meel gebruik. Dit moet ongesuurde rondebrood wees wat hy met olyf-olie geknie het, of ongesuurde roosterkoek waarop hy olyf-olie gesmeer het.
5 “Wanneer jy ’n koring-offer wil gee wat jy op ’n bakplaat gebak het, dan moet jy die beste meel gebruik wat jy met olyf-olie geknie het, en daar moenie suurdeeg by wees nie.
6 Jy moet die brood in stukke breek en olyf-olie daaroor gooi. Dit is ’n koring-offer.
7 “Wanneer jy ’n koring-offer wil gee wat jy in ’n bakpan gebak het, dan moet jy die beste meel gebruik en jy moet dit meng met olie.
8 Jy moet die koring-offer bring wat jy só vir die Here gaargemaak het. Jy moet dit vir die priester gee, en die priester moet dit op die altaar offer.
9 Uit die koring-offer moet die priester die deel neem wat die Here moet kry en hy moet dit op die altaar verbrand. Dit is ’n vuur-offer, dit ruik lekker vir die Here.
10 Die deel van die koring-offer wat oorbly, behoort aan Aäron en sy seuns. Dit is ’n hoog-gewyde deel van die vuur-offers vir die Here.