3 Ek sal self daardie man se vyand wees, Ek sal hom afsny van sy volk, want hy het ’n kind van sy nageslag vir Molek gegee. Dit het my tempel onrein laat word en my heilige Naam ontwy.
4 Iemand het miskien ’n kind van sy nageslag vir Molek gegee, en die mense van die land maak of hulle nie sien wat daardie man gedoen het nie. As hulle die man nie doodmaak nie,
5 dan sal Ek self daardie man en sy familie se vyand wees. Ek sal hom afsny van sy volk, en ook almal wat saam met hom ontrou was en wat vir Molek gedien het.
6 “Wanneer ’n persoon wil vra wat hy moet doen, dan vra hy dit miskien vir die geeste van mense wat gesterf het, of vir waarsêers. Daardie persoon is ontrou aan My. Ek sal sy vyand wees en Ek sal hom afsny van sy volk.
7 Julle moet julleself aan My wy, julle moet gewyde mense wees, want Ek is julle God die Here.
8 Julle moet aanhou om te doen wat Ek wil hê. Ek is die Here, Ek wy julle aan My.
9 “Ja, die persoon wat sy ouers vervloek, moet sterf. Hy het sy ouers vervloek, daarom moet hy sterf, hy is skuldig.