6 Wanneer hy aan enige een van hierdie dinge of persone geraak het, dan sal hy onrein wees tot die aand. Hy moet eers bad voordat hy van die gewyde presente mag eet.
7 Hy sal rein wees nadat die son ondergegaan het, daarna mag hy van die gewyde presente eet, want dit is sy kos.
8 “Wanneer ’n dier self gevrek het of wanneer ’n wilde dier dit gevang het, dan mag ’n priester nie die vleis eet nie, want die priester sal dan onrein word. Ek is die Here.
9 Die priesters moet aanhou om te doen wat Ek wil hê, sodat hulle nie skuldig word en sterf omdat hulle die tempel ontwy het nie. Ek is die Here, Ek het hulle gewy.
10 Iemand wat nie ’n priester is nie, mag nie van die gewyde presente eet nie. ’n Priester se bywoner of sy dagloner mag nie van die gewyde presente eet nie.
11 As die priester ’n slaaf gekoop het of as ’n slaaf in sy huis gebore is, dan mag die slaaf van die priester se kos eet.
12 ’n Priester se dogter wat getroud is met ’n man wat nie ’n priester is nie, mag nie eet van die offers wat gewyde presente is nie.