9 Die priesters moet aanhou om te doen wat Ek wil hê, sodat hulle nie skuldig word en sterf omdat hulle die tempel ontwy het nie. Ek is die Here, Ek het hulle gewy.
10 Iemand wat nie ’n priester is nie, mag nie van die gewyde presente eet nie. ’n Priester se bywoner of sy dagloner mag nie van die gewyde presente eet nie.
11 As die priester ’n slaaf gekoop het of as ’n slaaf in sy huis gebore is, dan mag die slaaf van die priester se kos eet.
12 ’n Priester se dogter wat getroud is met ’n man wat nie ’n priester is nie, mag nie eet van die offers wat gewyde presente is nie.
13 As ’n priester se dogter ’n weduwee geword het of as sy geskei het van haar man en sy het nie kinders nie en sy gaan woon weer in haar pa se huis soos toe sy jonk was, dan mag sy van haar pa se kos eet. Iemand wat nie ’n priester is nie, mag nie van die kos eet nie.
14 As ’n persoon van die gewyde kos eet maar hy het nie geweet dat dit gewyde kos is nie, dan moet hy vir die priester ’n gewyde present gee en hy moet nog een vyfde van die kos daarby sit.
15 Die priesters mag nie die gewyde presente ontwy wat die Israeliete vir die Here offer nie.