12 Op dieselfde dag moet julle ’n gesonde jaaroud lam bring om ’n brand-offer vir die Here te wees.
13 Julle moet ook ’n koring-offer saambring. Die koring-offer moet twee tiendes van ’n efa van die beste meel wees. Julle moet dit met olyf-olie meng en knie. Die drank-offer moet ’n kwart hin wyn wees.
14 Tot op hierdie dag mag julle nie brood of gebraaide koring of koringkorrels van die nuwe koring-oes eet nie. Julle moet eers die offer vir julle God bring. Julle en julle nageslag moet dit altyd doen, oral waar julle woon.
15 Daarna moet julle sewe weke tel, julle moet dit tel van die dag ná die Sabbatdag, die dag wanneer julle die gerf bring om ’n beweeg-offer te wees.
16 Daarna moet julle 50 dae tel tot op die dag ná die sewende Sabbatdag, en dan moet julle ’n nuwe koring-offer bring.
17 Julle moet uit julle woonplekke twee brode bring om beweeg-offers te wees. Julle moet elke brood bak van twee tiendes van ’n efa van die beste meel, en daar moet suurdeeg in die brood wees. Dit is ’n offer vir die Here, dit is van die eerste koring-oes.
18 Saam met die brode moet julle sewe gesonde jaaroud ram-lammers bring en ook een jong bul en twee skaap-ramme, dit is ’n brand-offer vir die Here. Julle moet ook die koring-offers en die drank-offers bring wat daarby moet wees. Dit is vuur-offers, dit ruik lekker vir die Here.