19 Julle moet ook ’n bok-ram bring om ’n sonde-offer te wees, en twee jaaroud ram-lammers om ete-offers te wees.
20 Die priester moet hulle heen en weer beweeg saam met die brode van die eerste koring-oes. Saam met die twee lammers is dit ’n beweeg-offer voor die Here. Dit is aan die Here gewy, en die priester moet dit kry.
21 Julle moet op dieselfde dag bymekaarkom en julle moet julleself wy. Julle mag nie die werk doen wat julle altyd doen nie. Julle en julle nageslag moet dit altyd so doen, oral waar julle woon.
22 Wanneer julle die koring en die gars op julle lande afsny, dan moet julle nie alles afsny tot op die kant van die land nie. Julle moet ook nie die are optel wat val nie. Julle moet dit los vir die arm mense en vir die vreemdelinge. Ek is julle God die Here.”
23 Die Here het vir Moses gesê:
24 “Jy moet vir die Israeliete sê: Julle moet op die eerste dag van die sewende maand ’n spesiale Sabbatdag vier. Julle moet bymekaarkom en julle moet julleself wy. Julle moet ramshorings blaas en julle moet skree.
25 Julle mag nie die werk doen wat julle altyd doen nie en julle moet vir die Here ’n vuur-offer bring.”