9 Die Here het vir Moses gesê:
10 “Jy moet vir die Israeliete sê: Wanneer julle kom in die land wat Ek vir julle gee, en julle sny die koring en die gars af, dan moet julle die eerste gerf wat julle afsny, vir die priester bring.
11 Die priester moet die gerf heen en weer beweeg voor die Here, dan sal die Here dit van julle aanvaar. Die priester moet die gerf beweeg op die dag ná die Sabbatdag.
12 Op dieselfde dag moet julle ’n gesonde jaaroud lam bring om ’n brand-offer vir die Here te wees.
13 Julle moet ook ’n koring-offer saambring. Die koring-offer moet twee tiendes van ’n efa van die beste meel wees. Julle moet dit met olyf-olie meng en knie. Die drank-offer moet ’n kwart hin wyn wees.
14 Tot op hierdie dag mag julle nie brood of gebraaide koring of koringkorrels van die nuwe koring-oes eet nie. Julle moet eers die offer vir julle God bring. Julle en julle nageslag moet dit altyd doen, oral waar julle woon.
15 Daarna moet julle sewe weke tel, julle moet dit tel van die dag ná die Sabbatdag, die dag wanneer julle die gerf bring om ’n beweeg-offer te wees.