3 Aäron moet die lampstaander neersit voor die gordyn in die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn. Die kis waarin die tien gebooie is, staan agter die gordyn. Die lampe moet van die aand tot die oggend voor die Here brand. Julle nageslag moet dit ook altyd doen.
4 Aäron moet die lampe op die goue lampstaander sit, dit moet altyd daar voor die Here wees.”
5 “Jy moet van die beste meel neem en jy moet twaalf ringbrode bak. Jy moet twee tiendes van ’n efa meel gebruik vir elke ringbrood.
6 Dan moet jy die brood in twee rye neersit op die goue tafel voor die Here, in elke ry moet daar ses brode wees.
7 Jy moet skoon wierook by elke ry sit. Die wierook is ’n vuur-offer vir die Here, dit is in die brood se plek.
8 Die priesters moet elke Sabbatdag nuwe brood neersit voor die Here. Die Israeliete moet dit altyd doen.
9 Aäron en sy seuns mag die brood kry wat op die tafel was. Hulle moet dit op ’n gewyde plek eet. Die brood is hoog-gewyd. Die priesters moet altyd daardie brood kry uit die offers vir die Here. Dit moet altyd so wees.”