37 Jy moenie vir hom rente laat betaal wanneer jy vir hom geld leen nie, en wanneer jy vir hom kos gee, dan moet jy hom nie te veel laat betaal nie.
38 Ek is julle God die Here, Ek het julle uit die land Egipte gebring om vir julle die land Kanaän te gee en om julle God te wees.
39 “Wanneer een van julle so arm word dat hy homself aan jou moet verkoop, dan moet jy hom nie vir jou laat werk soos ’n slaaf nie.
40 Hy moet vir jou soos ’n dagloner of ’n bywoner wees, en hy moet vir jou werk net tot die Hersteljaar.
41 Dan mag hy en sy kinders weggaan van jou, hulle mag teruggaan na sy familie en na die grond wat aan sy voorvaders behoort het.
42 Want die Israeliete is my dienaars wat Ek uit die land Egipte gebring het. Jy mag nie ’n Israeliet verkoop soos jy ’n slaaf verkoop nie.
43 Jy moenie kwaai regeer oor ’n ander Israeliet nie, jy moet jou God respekteer.