40 Hy moet vir jou soos ’n dagloner of ’n bywoner wees, en hy moet vir jou werk net tot die Hersteljaar.
41 Dan mag hy en sy kinders weggaan van jou, hulle mag teruggaan na sy familie en na die grond wat aan sy voorvaders behoort het.
42 Want die Israeliete is my dienaars wat Ek uit die land Egipte gebring het. Jy mag nie ’n Israeliet verkoop soos jy ’n slaaf verkoop nie.
43 Jy moenie kwaai regeer oor ’n ander Israeliet nie, jy moet jou God respekteer.
44 “Jy mag slawe en slavinne koop van die ander volke rondom julle
45 en ook van die bywoners, die vreemdelinge by julle, en van hulle families wat in julle land gebore is. Julle mag slawe hê wat julle so gekry het,
46 en julle kinders mag die slawe erf en hou so lank soos hulle lewe. Julle mag slawe hê wat julle so gekry het, maar julle mag nie kwaai oor ander Israeliete regeer nie.