49 of sy oom of sy neef of ’n ander familielid moet hom loskoop, of as hy dit self kan doen, dan mag hy dit doen.
50 Hy en die man wat hom gekoop het, moet tel hoeveel jare dit is vandat hy homself verkoop het en soos ’n dagloner vir die man gewerk het, tot die Hersteljaar, en dan moet hy betaal om vry te word.
51 As dit baie jare is tot die Hersteljaar, dan moet hy baie betaal om vry te word.
52 As daar nie baie jare oorbly tot die Hersteljaar nie, dan moet hy net betaal vir elke jaar.
53 Hy moet wees soos ’n dagloner wat in daardie jare vir die vreemdeling gewerk het. Jy moet kyk dat die vreemdeling nie hard regeer oor die Israeliet nie.
54 As iemand hom nie losgekoop het voor die tyd nie, dan moet hy en sy kinders vry word in die Hersteljaar.
55 Dit is wat julle moet doen, want die Israeliete is my dienaars, Ek het hulle uit die land Egipte gebring. Ek is hulle God die Here.”