28 dan sal Ek ’n vyand word wat baie kwaad is, Ek sal aanhou om julle te straf oor julle sondes.
29 Julle sal julle eie kinders moet eet.
30 Ek sal julle offer-plekke verwoes en Ek sal julle wierook-altare afbreek. Dit sal nie vir My moeilik wees om julle lyke bo-op julle dooie afgode te gooi nie.
31 Julle stede sal hope klippe word, en daar sal nie mense in julle tempels wees nie. Ek wil nie meer die offers ruik wat julle bring nie.
32 Ek self sal die land so verwoes dat julle vyande wat in die land kom woon, bang sal wees in die land.
33 Ek sal julle oral in ander lande laat woon. Ek sal oorlog bring teen julle, en daar sal niemand in julle land woon nie, julle stede sal hope klippe wees.
34 Wanneer daar nie meer mense in die land is nie, en wanneer julle in die land van julle vyande is, dan sal die land kan rus en die land sal sy Sabbatsjare geniet.