1 Die Here het vir Moses gesê: “Wanneer iemand ’n ete-offer wil bring, en die offer is ’n bees, dan moet dit ’n gesonde bul of koei wees. Hy moet dit nader bring voor die Here.
2 Hy moet sy hand op die dier se kop sit en hy moet dit slag by die ingang van die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn. Die priesters van die nageslag van Aäron moet die bloed teen die altaar spat. Hulle moet dit oral rondom die altaar spat.
3 Die persoon wat die offer gee, moet dan die ete-offer nader bring, dit is die vuur-offer vir die Here. Die vuur-offer is die netvet, al die vet aan die binnegoed,
4 die twee niere, die niervet aan die kruis, en die punt van die lewer. Hy moet dit saam met die niere uithaal.